As ’n boek aan jou skedel klop

’n Versameling teks uit “Pad Na Niemand-land”, “Die Persoonlike Agenda van Brand Smit”, en “Slothoofstuk”.

———————

“Die storie tot dusver: Ek is gebore, toe trek ons, toe gaan ek skool toe; toe trek ons weer, en weer, en nog ’n paar keer; toe gaan ek universiteit toe, toe gaan ek na ’n ander universiteit toe; toe gaan ek Korea toe, toe gaan ek terug Suid-Afrika toe, en toe kom ek Taiwan toe. Toe skryf ek nog ’n paar honderd bladsye in toevoeging tot ’n paar honderd bladsye wat ek in vorige jare geskryf het oor hoekom ek doen wat ek doen.

Toe staan ek op ’n verlate treinstasie en dink daar’s te veel materiaal om as ’n enkele boek uit te gee. Toe die volgende dag gaan betaal ek my telefoonrekening en op pad dink ek ’n titel uit vir ‘n korter boek met geselekteerde materiaal. Toe kom sit ek agter die rekenaar en skryf hierdie teks.

Daar, die gekondenseerde weergawe van my lewe so ver, wie ek is, en hoe dit gekom het dat jy nou hierdie boek van niks meer nie as ’n paar honderd bladsye in jou hande vashou.”

———————

“As jy geen tuiste het nie, geen besittings nie, geen vriende of familie nie, as jy nie veel doen terwyl jy wakker is nie, niks doen om geld te maak nie, jy’t geen godsdienstige oortuigings nie, as jy nooit enige gesprekke voer of reageer op iemand anders se spraak nie, wie is jy dan? Wat is jy?”

———————

INHOUD

Woorde aan die voorkant

Pad na Niemand-Land
Inleiding
Die skrywer se testament, April 1994
Die Korea papiere
Nuwe insigte, Februarie 1999

Persoonlike Agenda: Boek Een
Inleiding
Icarus joernaal, inskrywing # 1
Icarus joernaal, inskrywings # 11 & 12
Icarus joernaal, inskrywings # 13 ~ 15
Blonde meditasie
Om onthou te word
Die kerk, die vrou, die huis, en die hang-ups
’n Mees belangrike les
Die doel van my lewe
Ek is nie die baas van hierdie wêreld nie
Die mooi wêreld
Die amperse einde
Arbeiders van antieke tye
Ballingskap, deel viii
Hoeksteen vir ’n toekoms
Om oor God te praat
Dieselfde vrae verteer steeds
Ballingskap nege
’n Verantwoordelike stuk: Ballingskap essay # 10
Die spreekwoordelike gemiddelde
Vir wie skryf ek?
Onderhoud tussen “Brand” en die “wysgeer”
Naskrif (i)

Persoonlike Agenda: Boek Twee
Inleiding
Soldaat in ’n groter oorlog
In die naam van die vader
Die nuwe etiket, dele twee tot vier
Waar is my plek in die Groot Hiërargie?
Geld en selfrespek – ’n paar gedagtes
Wat ek sien
Woordspele
Laaste uitbarsting (voor die einde van my vakansie)
Voltyds kreatief
Ryk, in die wêreld van geld
Faktor X skop in
Om deel te wees van iets groter
’n Futuristiese ontkenning
My huidige lewe
Die (werklike) waarde van geld
Oor die tegniese aspekte van plek en lidmaatskap
Eindkontemplasie, deel een/Die uiteindelike hoop
Ek voel ellendig en verlore, en dreig derhalwe weer transformasie
Plek en mobiele lidmaatskap
Wie en wat
Drie insidente
Oor die nageslag: Ouerskap
’n Gedagte broei in my kop, deel een
Krapmerke van volwassenheid
Nota op Woensdag 26 November 2003
Net nog ’n stuk
Ek en jy
’n Gedagte broei in my kop, deel twee
Laaste paar notas van Desember 2003
Ou helde staan en val (en posters word omgeruil)
In diens van ’n idee
Die laaste ballingskap (merk 15)
Totsiens.

Persoonlike Agenda: Boek Drie
Inleiding/Drie drome
Geld en kuns
Nota op Saterdag 24 Januarie 2004
Om orraait te wees
Infame leuens, kompromie, verandering en nog ’n klomp ander goed
11 Februarie 2004
Twee notas oor ’n rolprent
Notas op Dinsdag 17 Februarie 2004
Nota op Woensdag 18 Februarie 2004
[Die Groot Ongetiteld]

Slothoofstuk
Wees jou eie SELF
Wees nou ’n slegte akteur, toe …
Die SELF word gebore (en ander notas van ’n partikulêre dag)
Ek besit sewe onderbroeke …
Oorspronklike begin van die SLOTHOOFSTUK
Eindkontemplasie III
Die enkeling en die gemeenskap (i)
Verligte gees
Die SELF.
Toepassing van ’n teorie/Die SELF en omgewing
Die enkeling en die gemeenskap (ii)
Ek weet wie ek is
Die waarde van tyd
Ek weet wie ek is, deel twee
Aanvaar jouself (al is dit net om tyd te spaar)
Klein huis, groot wêreld
Wat is ’n boek sonder ’n leser?
Resultate van ’n lewe
Legkaart mense
Dis net ’n spel, en die reëls is ontsyferbaar
Moenie in my SELF krap nie
Identiteit, die SELF, en die resultaat van alles
Die GEGEWE SELF, en die rol van intellektuele
Oor wedergeboorte, en ’n “nuwe” SELF
Die formule wat lei tot resultaat
Wat GEGEE word, en wat jy KIES
Geld, die arbeidsmark, en hoe jy funksioneer
Ek glo steeds …
“Ek, nou” en verwante notas
Amper die einde …
Oorsprong van die SELF (en het reptiele siele?)

———————

As ’n boek aan jou skedel klop is beskikbaar in die volgende formate:

GEDRUKTE KOPIE: USD $14.95, GBP £10.49, EURO €12.49

Createspace

(Gedrukte kopieë sal binnekort bestel kan word in Suid-Afrika.)

DIGITAAL: verskeie formate: US$7.99

Smashwords – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle), LRF (Sony Reader), PDB (Palm Doc)

DIGITAAL: PDF: US$7.99

E-Junkie

Buy Now

PDF’s is leesbaar deur meeste elektroniese leestoestelle, insluitende e-readers, tablet PC’s, en natuurlik gewone rekenaars.

——————————-

Pin It on Pinterest

Share This