Kategorieë
Boekwinkel

Dertien minute op ’n Saterdagaand

“Ek is gebore in die Republiek van Suid-Afrika. Ek verstaan twee van die tale wat gepraat word in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan pekanneut tert koop by die Spar in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan ook Afrikaanse koerante daar koop. Mens het wel ’n kar nodig as jy van Middelburg af Bronkhorstspruit toe wil gaan, of andersom. Mens het ook ’n kar nodig om ander redes. As ’n man 32 jaar oud is en hy’t nie ’n kar nie, sal dit nie ’n verskil maak dat hy sewe jaar in Noordoos-Asië gewoon het, of dat hy gebroke Chinees kan praat, of dat hy ’n twee-in-een boek geskryf het wat ’n anti-glans filter sonder hakies staande kan hou op net die regte hoogte teen ’n rekenaarskerm nie. Al wat saak sal maak, is dat hy nie ’n kar het nie – wat beteken hy’s nie veel beter as ’n boemelaar nie.”

* * * * * * * * * * *

As iemand ’n resensie moes skryf oor die boek, sou die persoon gesê het dis sy toeganklikste boek nog, selfs kommersieel bemarkbaar, hoewel steeds nie gerig op die massa-lesersmark nie, en steeds nie bedoel vir kinders nie.

Dertien minute op ’n Saterdagaand  is nou beskikbaar in die volgende formate:

GEDRUKTE KOPIE: US$7.95 £4.95, €6.49

Createspace

(Gedrukte kopieë sal binnekort bestel kan word in Suid-Afrika.)

DIGITAAL: verskeie formate: US$5.99

Smashwords – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle)

DIGITAL: Amazon Kindle: US$5.99*

Amazon – sluit in gratis internasionale draadlose aflewering via Amazon Whispernet

* Let asseblief daarop dat Amazon die reg voorbehou om boeke se pryse te verander sonder om die skrywer/uitgewer in kennis te stel, so bogenoemde prys mag dalk nie dieselfde wees op amazon.com nie.

____________________