Kategorieë
Boekwinkel

Sê dit beter – Volume 1

So graag soos wat ’n mens wil beweer jy doen ’n projek soos hierdie vir ander mense, moet ek bieg: ek het hierdie boekie in die eerste plek vir myself ontwikkel.

Vir maande lank het ek rondgeloop met ’n opgevoude vel A4-papier in my pennesakkie, en elke keer wat ek ’n Afrikaanse woord teëgekom het – in ’n tydskrif, ’n boek, maar meestal op die Internet – wat ek óf nie verstaan nie, óf wat ek bitter weinig hoor maar self graag meer wil gebruik, het ek die woord op my stuk papier geskryf.Sê dit beter - Volume 1

Sê dit beter – Volume 1 – tans slegs beskikbaar in digitale formaat – is die resultaat van omtrent die helfte van al die woorde wat ek op dié wyse versamel het.

Met ’n lys woorde soos vervat in hierdie boekie gaan dit nie daaroor om slim te klink nie. Dit gaan daaroor om oor die vermoë te beskik om te kan sê wat jy wil sê. Dit gaan daaroor om met selfvertroue uitdrukking te kan gee aan wat jy glo, en voel, en hoop, en dink.

Dit gaan uiteindelik daaroor om te kan sê wat jy wil sê, in volle kleur en nuanse.

Sê dit beter – Volume 1 is beskikbaar in verskeie digitale formate by Smashwords teen US$2.99 (ongeveer R30) – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle), LRF (Sony Reader), PDB (Palm Doc)

Om ‘n gratis voorsmakie te kry van hierdie klein treffer, besoek die Sê dit beter – Volume 1 blad by Smashwords.