Boekwinkel

Solank jy staande bly

“As jy dit wil maak deur nog ’n dag, is dit jou verantwoordelikheid om te doen wat jy moet doen om op jou voete te bly, en wanneer jy struikel, moet dit jou vaste voorneme wees om weer op jou voete te kom en die reis voort te sit.

Die notas en essays in hierdie versameling getuig van my eie beskeie pogings oor die jare om staande te bly, en die reis enduit te sien.”

Meer inligting …


Die werklike, of nie-werklike doel van ons bestaan

Oktober 1999: “Ek sê graag dat ek ’n kenner van iets wil wees. Maar ’n kenner van wat? Geskiedenis? Filosofie? Sielkunde? Ek sal eenvoudig moet leer wat ek kan van al hierdie onderwerpe, omdat dit die enigste manier is om die een vraag te beantwoord waarop ek my hele volwasse lewe al gefokus is: Wat maak die lewe die moeite werd vir die gemiddelde persoon in die moderne wêreld?”

Meer inligting …


Tyd vlieg nie regtig nie

Sluit in …

Hoe die kragte dans
Die amperse einde
Skroeiende sosatie
Storm voort met ’n brandende viool
Ons van hierdie tyd
Ou helde staan, sommige val, en posters word omgeruil
Dag in die dorp
Oor ape en (sogenaamde) oorspronklikheid
Droom van sout, twee vrouens en ’n eier
Vonke en ware liefde, in ’n neutedop
Ten minste drie voorbeelde wat bewys dat mense vol nonsens is
Tyd om op te gee

Meer inligting …


Nie tafel, hond of potlood nie

“Mense brand soms dekades op in pogings om uit te sorteer wat hulle veronderstel is om te doen. Hulle spandeer jare opsoek na ‘regte’ antwoorde, hulle ‘werklike’ self, waar hulle ‘regtig’ behoort … sonder om te besef hulle het twee keuses: aanvaar hoofsaaklik jou gegewe self en funksioneer as sulks, binne die partikulêre raamwerk van gegewe tyd en plek, of kies wie en wat jy wil wees, en wáár.”

Meer inligting …


In die greep van ketters – of, Die Christen

“Seun word groot in ’n Christelike huishouding.

Ernstig oor godsdiens as tiener en as jong volwassene.

Word gekonfronteer met historiese ontwikkeling van sy godsdienstige oortuigings.

Twyfel oor die ‘waarhede’ waarmee hy grootgemaak is lei tot geloofskrisis.”

Meer inligting …

____________________