Kategorieë
Boekwinkel

Dertien minute op ’n Saterdagaand

“Ek is gebore in die Republiek van Suid-Afrika. Ek verstaan twee van die tale wat gepraat word in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan pekanneut tert koop by die Spar in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan ook Afrikaanse koerante daar koop. Mens het wel ’n kar nodig as jy van Middelburg af Bronkhorstspruit toe wil gaan, of andersom. Mens het ook ’n kar nodig om ander redes. As ’n man 32 jaar oud is en hy’t nie ’n kar nie, sal dit nie ’n verskil maak dat hy sewe jaar in Noordoos-Asië gewoon het, of dat hy gebroke Chinees kan praat, of dat hy ’n twee-in-een boek geskryf het wat ’n anti-glans filter sonder hakies staande kan hou op net die regte hoogte teen ’n rekenaarskerm nie. Al wat saak sal maak, is dat hy nie ’n kar het nie – wat beteken hy’s nie veel beter as ’n boemelaar nie.”

* * * * * * * * * * *

As iemand ’n resensie moes skryf oor die boek, sou die persoon gesê het dis sy toeganklikste boek nog, selfs kommersieel bemarkbaar, hoewel steeds nie gerig op die massa-lesersmark nie, en steeds nie bedoel vir kinders nie.

Dertien minute op ’n Saterdagaand  is nou beskikbaar in die volgende formate:

GEDRUKTE KOPIE: US$7.95 £4.95, €6.49

Createspace

(Gedrukte kopieë sal binnekort bestel kan word in Suid-Afrika.)

DIGITAAL: verskeie formate: US$5.99

Smashwords – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle)

DIGITAL: Amazon Kindle: US$5.99*

Amazon – sluit in gratis internasionale draadlose aflewering via Amazon Whispernet

* Let asseblief daarop dat Amazon die reg voorbehou om boeke se pryse te verander sonder om die skrywer/uitgewer in kennis te stel, so bogenoemde prys mag dalk nie dieselfde wees op amazon.com nie.

____________________

Kategorieë
Boekwinkel

Koors/Fotografie – Twee versamelings gedigte

Twee versamelings gedigte uit verskeie penne, etlike potlode, en die tikvingers van Brand Smit.

———————————-

INHOUD

I. KOORS

gedig, deel een
nog naamloos
ruimtes
brommer
kaarthuis
transformasie
onvermydelik, miskien
dag vol beskawing
pandhuis
twee wat vry was
zombie
moed
soldaat
verwagtinge
dogmatiek
hoop
gees
kind
massa
persoonlike getsémané
vrou (i)
toekomsvisioen
vrees
nuwe mens (i)
as die drade deurmekaar raak
ons was al hier?
skeiding
niemand-land
nagwag
raat vir slegte slaap
stille nag
son
dagbreek
lig wat binnedring
koors
nuwe mens (ii)
’n ander soort einde
terapie vir die agterman
waar op aarde?
laaste een vir jou
vrou (ii)
piekniek teen skemer
gedig, deel twee
vlugteling
tydreis

* * * * * * * * * * *

II. FOTOGRAFIE

Album, deel een

persoonlike bevrydingsleër
een van drie wense
fragmente van ’n toekoms
fotografie, een
held (of mitologie, twee)
woestyn, een
lesse
Feniks/Icarus (of mitologie, een)
skoon lakens
nota
hande
pornografie, een
halwe gedig
woensdag
skuins
sirkel
skinder
woestyn, twee
betree die dag
versoening

Los foto’s uit ’n laai

1985: seun in die somer
1988: beter dae
1991: suid
1993: kunsmatige ongeloof
1994: vaderfiguur
1995: gedig vir heidi
1996: ekspatriasie (vrydagaand in ’n vreemde land)
1997: gedagtes op pad na ’n kroeg in suid-korea
1998: serenade aan die man in die huis
1999: ek vind myself
2003: groepfoto by ’n teeparty

Album, deel twee

fotografie, twee
sink
storm
lyne
slyp
geografie
(ongetiteld)
skoene
(nog ’n) naggedig
plek
monoloog
stammeling
[gedig op kort kennisgewing]
pornografie, twee
troos
wetenskap, een & twee
fotografie, drie
engel
stop
die kaal bed
nie vanaand nie

———————————-

Koors/Fotografie – Twee versamelings gedigte is nou beskikbaar in gedrukte vorm en in verskeie digitale formate.

GEDRUKTE KOPIE: US$7.95 £4.95, €6.49

Createspace

(Gedrukte kopieë sal binnekort bestel kan word in Suid-Afrika.)

DIGITAAL: verskeie formate: US$5.99

Smashwords – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle), LRF (Sony Reader), PDB (Palm Doc)

DIGITAAL: PDF: US$5.99

E-Junkie – PDF’s is leesbaar deur meeste elektroniese leestoestelle, insluitende e-readers, tablet PC’s, en natuurlik gewone rekenaars.

Buy Now

———————————-

Kategorieë
Boekwinkel

Sê dit beter – Volume 1

So graag soos wat ’n mens wil beweer jy doen ’n projek soos hierdie vir ander mense, moet ek bieg: ek het hierdie boekie in die eerste plek vir myself ontwikkel.

Vir maande lank het ek rondgeloop met ’n opgevoude vel A4-papier in my pennesakkie, en elke keer wat ek ’n Afrikaanse woord teëgekom het – in ’n tydskrif, ’n boek, maar meestal op die Internet – wat ek óf nie verstaan nie, óf wat ek bitter weinig hoor maar self graag meer wil gebruik, het ek die woord op my stuk papier geskryf.Sê dit beter - Volume 1

Sê dit beter – Volume 1 – tans slegs beskikbaar in digitale formaat – is die resultaat van omtrent die helfte van al die woorde wat ek op dié wyse versamel het.

Met ’n lys woorde soos vervat in hierdie boekie gaan dit nie daaroor om slim te klink nie. Dit gaan daaroor om oor die vermoë te beskik om te kan sê wat jy wil sê. Dit gaan daaroor om met selfvertroue uitdrukking te kan gee aan wat jy glo, en voel, en hoop, en dink.

Dit gaan uiteindelik daaroor om te kan sê wat jy wil sê, in volle kleur en nuanse.

Sê dit beter – Volume 1 is beskikbaar in verskeie digitale formate by Smashwords teen US$2.99 (ongeveer R30) – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle), LRF (Sony Reader), PDB (Palm Doc)

Om ‘n gratis voorsmakie te kry van hierdie klein treffer, besoek die Sê dit beter – Volume 1 blad by Smashwords.